Spannende spioenasie reeks vir tieners

Die tweede boek in Elani Venter se spannende spioenasie-reeks vir tieners verskyn eersdaags! Pre-order jou kopie hierdie week @ R120 en spaar R20!

Nini Fortem, een van ISASS se jong nuwe agente, word Langebaan toe gestuur op ‘n shoot to kill missie. Maar daar wag ‘n paar verrassings op hierdie kusdorpie… Op Langebaan aangekom, ontdek Nini dat die agent saam met wie sy moet werk, die laaste persoon is wat sy gedink het sy ooit weer sal sien. Dis ook hier op Langebaan waar sy traumatiese geheime oor haar oorlede ouers oopkrap, en oor die agentskap wat sy gedink het sy kan vertrou… Wanneer Nini egter op dodelike geheime ekperimente afkom wat deur die Suid-Afrikaanse Weermag uitgevoer word, besef sy dat haar lewe nooit weer dieselfde sal kan wees nie.

40321064_1110743425747054_109272210052481024_n

TWEE is die tweede boek in Elani Venter se spannende spioenasie-reeks vir tieners. Die reeks bestaan uit vyf boeke.

**SPESIALE AANBOD:
Pre-order die TWEEDE boek in die Nini-reeks vir tieners hierdie week @ slegs R120 – spaar R20 ….
of koop EEN én TWEE @ R220!
Geldig tot 3 September 2018

Beskikbaar vanaf 7 Sep 2018**

#tienerfiksie #ninireeks #lekkerlees #afrikaans #spannend #vakansieleesstof

Advertisements

Meer oor hierdie stories

27868019_962675250553873_3832476119192739479_n

Ansofie Plak se avonture!

Anna Emm se ANSOFIE PLAK-stories vir 3-9 jariges is baie gewild onder kinders sowel as ouers! Dis propvol humor en kreatiewe karakters eie aan ons land se grootste kinderboekskrywer, Anna Emm, en uiters geskik vir kinders wat al self begin lees. Dis ook baie lekker voorleesboeke vir jonger kinders, aangesien die stories ‘skoon’ is van bangmaakelemente, toorgoed of hekse/drake/zombies volgens Anna Emm-beleid. Jy kan dit dus met ‘n geruste hart vir jou kinders voorlees!
27750681_962519733902758_206194238424906529_n

Die verdwynende huis (boek een)
Wanneer een van die huise in Kromstraat op ‘n dag spoorloos verdwyn, besluit Ansofie Plak om te gaan ondersoek instel…

Besoekers uit die ruimte (boek twee)
Wanneer ‘n vreemde ruimtetuig een oggend op Oupa Albertus se dak neerstort, ontmoet Ansofie vir Lunikus en Lunika, twee ruimtewesens…

Die lummel se laarse (boek drie)
Daar is ‘n lummel in Kromstraat en hy is in ‘n slegte bui. Iemand het sy stewels gesteel en nou moet Ansofie Plak hom help om dit terug te kry…

Die spinnesourus (boek vier)
Daar is ‘n reusagtige spinnekop in Kromstraat – ‘n spinnesourus met bene so lank soos telefoonpale! Ansofie Plak en haar maats moet hom vang…

SPESIALE AANBOD:
Bestel enige Ansofie Plak-boekie hierdie week @ slegs R90!
Jy spaar R15 – normale prys R105.

 

Jona en die Vis Prenteboek!

SPLINTERNUWE PRENTEBOEK VIR 2-5 JARIGES:
Die storie van Jona en die vis verskyn hierdie week nou ook in Engels!
Ons is baie opgewonde oor hierdie nuwe prenteboek met luister-CD! “JONA EN DIE VIS” verskyn hierdie week met pragtige illustrasies deur Elanie Bieldt! Die storie word ook op CD voorgelees deur Lizelle Alkema sodat die kinders kan saam “lees” terwyl hulle daarna luister, met ‘n klokkie wat aan die einde van elke bladsy lui sodat hulle kan weet dis tyd om om te blaai. Kry jóú prenteboek met CD hierdie week @ slegs R85 in Afrikaans óf Engels en spaar R10!26730901_946452475509484_439296587860492134_n19060130_946452482176150_8816488082043128487_n

Verdien ekstra inkomste!!

21055343_10156632058387846_8261519639790188629_oIs jy ‘n tuisbly Mamma, of ‘n tuisskool Mamma?
Geniet jy dit om stories te lees en te luister saam met jou kinders?
Word deel van hierdie wonderlike span agente!
**Dit is GROOT PRET, en jy verdien ‘n ekstra inkomste!**

 

Photo credit: <a href=”http://www.freepik.com/free-photos-vectors/music”>Music image created by Nensuria – Freepik.com</a>

Naweek-combo

Soek jy die ideale storie-geskenkpak vir ‘n besige 3-9 jarige, en weet nie waar om te begin nie? Ons stel hierdie twee gewilde STORIE-CD’s voor!

“Die koning se leeu se snorbaard se klokkie” + “Die sywurms se sirkus en ander vreemde stories” bevat elk 4 lekkerluister-kinderstories! Die stories is vol humor en verbeelding, ideaal vir op die pad of voor slaaptyd.

20953742_874365382718194_5605618847530670239_n

SPESIALE AANBOD: Koop hierdie twee produkte die naweek sáám en jy kan R70 van die totale prys aftrek! Die aanbod is geldig vanaf 9am Vrydag (18/08) tot 9am Maandag (21/08) – slegs by Anna Emm agente. Moet dit nie misloop nie!

DIE KONING SE LEEU SE SNORBAARD SE KLOKKIE
Stories op die CD:
1. Die koning se leeu se snorbaard se klokkie
2. Die sterkste babatjie in die wêreld
3. Die vlieënde yskas
4. Hoekom mens nie skroefies eet nie

DIE SYWURMS SE SIRKUS EN ANDER VREEMDE STORIES
Stories op die CD:
1. Die sywurms se sirkus
2. Die langslaapsokkies
3. Iemand het die skool gesteel
4. Die visvang-resies

Naweek teater!!!!

Goeie dag al my liewe storie maats

KAPTEIN KAREL KREEF EN DIE SMOKKELAARS
geskryf deur Braam van der Vyver | voorgelees deur Deon Lotz

Kaptein Karel Kreef is hoof van die onderwatertak van Weskus Marine-speurdienste. Dit is sy werk om smokkelaars van perlemoen en ander seediere vas te trek. Hierdie keer is hy op die spoor van die berugte kreefduiker, Varksnoet … maar dinge loop skeef wanneer Kaptein Karel Kreef sélf deur een van die duikers gevang word.

Hoofstuk 1 verskyn Vrydag 18 Aug
Hoofstuk 2 verskyn Saterdag 19 Aug
LUISTER SAAM – registreer vóór Vrydag 4pm @ R50.

20841779_873969239424475_1757730950091370705_n

%d bloggers like this: